Soos in vorige jare kan ek ook sê dat ons werksaamhede klaarblyklik iets is waarop PEN Afrikaans trots kan wees. Ons ondervoorsitter, Mercy Kannemeyer, kon, soos verlede jaar, na aanleiding van ervarings by PEN International se jaarlikse hoofkongres, getuig van die kennelike agting wat PEN Afrikaans geniet by die hoofbestuur van dié organisasie asook by afgevaardigdes van ander PEN-sentra. Die komplimente wat sy en haar mede-afgevaardigde van PEN Afrikaans, Fiona van Kerwel, ontvang het, betref die sukses van projekte soos ons ondersteuning van inisiatiewe om Afrikaanse boeke in ander tale vertaal en gepubliseer te kry, Die Onsigbare Kind-projek (’n leesprojek waarvan Catrina en ons mede-bestuurslid Fiona van Kerwel aan die stuur van sake staan), en die verantwoordelike, stimulerende bestuur van ons PEN-sentrum.
Bernard Odendaal
Notule: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering gehou op Saterdag 16 November 2024 om 12:30 te SASNEV in Pinelands, Kaapstad.
Voorsittersverslag: Algemene jaarvergadering op 16 November 2024 te SASNEV in Pinelands, Kaapstad
Oor: Oop uitnodiging: PEN Afrikaans hou simposium op 16 November by SASNEV; Agenda en belangrike inligting: algemene jaarvergadering 2024; In memoriam: Hans du Plessis – ‘n huldiging deur Bernard Odendaal; In memoriam: Mellet Moll; Mercy Kannemeyer lewer verslag oor die internasionale PEN-kongres; PEN Afrikaans verwelkom die president se verwysing van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in November 2024.
Oor: Suksesvolle aansoekers vir die PEN dit neer-residensieprogram; Wenners van Akademiepryse aangekondig; Wenners aangekondig: NB-Uitgewers se 2023 Jeugboekpryse; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in April 2024.
Oor: Die nasionale brein het suurstof nodig, en joernaliste is die rooibloedselle – Max du Preez; Algemene jaarvergadering 2023; Wenners van die Salas aangekondig en FAK-Jaap Steyn-prys aan Philip de Vos; Video: Met apologie en dank; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in November 2023.
Voorsittersverslag gelewer by PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 19 Oktober 2023
Oor: PEN Afrikaans en Human & Rousseau span saam as deel van ’n internasionale projek om ’n liefde vir lees te bevorder; Algemene jaarvergadering 2023: belangrike inligting; In memoriam; Wenner van die Toyota US Woordfees se kortverhaalkompetisie aangewys; Podsending: Die beoordeling van genrefiksie; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Oktober 2023.
Notule van PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering wat op 26 Oktober 2022 om 18:00 aanlyn plaasgevind het.
Voorsittersverslag gelewer by PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 26 Oktober 2022






