Oor: Gekeurde inskrywings: Kyk hoe ver het ons gekom; PEN dit neer: Aansoeke vir skrywersresidensie ingewag; Die wêreld van die skrywer: artikelreeks; Jakes Gerwel-gespreksreeks by Suidoosterfees; Rus in vrede, Crystal-Donna Roberts (1984 – 2025); Fakture en moontlike borgskap van ledegeld; Skryf teen 1 April vir tiende Woordfeeskortverhaalkompetisie; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2025.
Artikelreeks
“Die wêreld van jeugfiksie is ’n eienaardige en uitdagende omgewing. En soos in die geval van ’n lewensmaat kies of kinders grootmaak, kom dit nie met ’n handleiding nie. ’n Skrywer leer maar so algaande.”
Nuut in ons artikelreeks: Carina Stander skryf oor ruimtebeelding in spekulatiewe fiksie, met verwysing na haar Die Bergengel-reeks.
Oor: Kyk hoe ver het ons gekom: ’n gedigte- en kortverhaalkompetisie; Inskrywings ingewag: PEN Afrikaans en NATi bied aanlyn kursus oor die skryf van teaterresensies aan; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Junie 2024.
Hoe skryf ’n mens oor oorlog? Ek vermoed die lot om hieroor te skryf het op my geval omdat ek ’n hoogs opgeleide soldaat is, nie soseer oor ek ’n oorlogskrywer is nie.
Op 15 Oktober 1985 was daar ’n anti-apartheidbetoging van jong mense in Thorntonweg, Athlone, Kaapstad. ’n Offisier in die oproerpolisie het dit in sy kop gekry om sy manne agterop ’n spoorweglorrie te laai en tussen houtkratte te versteek. Die voertuig het stadig in ’n suidwestelike rigting met Thorntonweg afgery, […]Read more »
Antjie Krog is aan die woord in die jongste artikel in ons artikelreeks #Diewêreldvandieskrywer: “Vertaling en vertalings is ’n dinamiese manier om dit wat buite jou lê, toe te laat om intens en genuanseerd die ‘ek’ te beïnvloed.”
“Om te skryf is om goeters wat jy in jou kop ronddra, te sê en dan daai goeters in iemand anders se kop te gooi sodat hulle dit kan ronddra en hopelik sodoende hul denke verbreed.”
“Vra my waffer soort skrywer ek is en ek sê vir jou ek is een wat ly aan kleptomanie. Vra my hoe my skryfproses begin en ek sê vir jou dit begin by in die Noord-Kaap afluister.”
Oor: Verwikkelinge in Oekraïne; Pearson sien af van die besluit om die aanlyn HAT aan die mark te onttrek; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; Fakture vir ledegeld; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2022; ledenuus.