Algemene jaarvergadering

13 posts

Nuusbrief: Oktober 2025

Oor: Jaarverslae en ‘n nuwe bestuur: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2025; PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan; Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid; Wenners: ATKV-Woordveertjies 2025; Wenners: Netwerk24 kykNet Rapport-boekpryse en -resensiepryse 2025; ‘n Gesamentlike verklaring van PEN Afrikaans en PEN South Africa oor staatsbefondsing van kunstefeeste; Die 91ste internasionale PEN-kongres: ‘n Verslag deur Mercy Kannemeyer; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Oktober 2025.

Algemene jaarvergadering 2025: Bestuurder se verslag

In ’n wêreld vol geweld, sensuur en onderdrukking, raak die rol en belang van ’n organisasie soos PEN al hoe belangriker. In ’n wêreld waarin empatie ontbreek, raak die rol van letterkunde al hoe belangriker.

Ons nooi julle om saam met ons te dink oor PEN Afrikaans se rol en potensiaal in hierdie land en in hierdie wêreld waarin ons leef.

Algemene jaarvergadering 2025: Voorsittersverslag

Soos in vorige jare kan ek ook sê dat ons werksaamhede klaarblyklik iets is waarop PEN Afrikaans trots kan wees. Ons ondervoorsitter, Mercy Kannemeyer, kon, soos verlede jaar, na aanleiding van ervarings by PEN International se jaarlikse hoofkongres, getuig van die kennelike agting wat PEN Afrikaans geniet by die hoofbestuur van dié organisasie asook by afgevaardigdes van ander PEN-sentra. Die komplimente wat sy en haar mede-afgevaardigde van PEN Afrikaans, Fiona van Kerwel, ontvang het, betref die sukses van projekte soos ons ondersteuning van inisiatiewe om Afrikaanse boeke in ander tale vertaal en gepubliseer te kry, Die Onsigbare Kind-projek (’n leesprojek waarvan Catrina en ons mede-bestuurslid Fiona van Kerwel aan die stuur van sake staan), en die verantwoordelike, stimulerende bestuur van ons PEN-sentrum.

Nuusbrief: Augustus 2025

Oor: PEN Afrikaans oor die aanvalle op joernaliste in Gasa; Kortlyste vr Netwerk24 kykNET Rapport-boekpryse aangekondig; Aansoeke ingewag: Brussel tot Karoo-skrywersresidensie; Datum van ons algemene jaarvergadering; Rus in vrede, Madelein Rust; Rus in vrede, Pirow Bekker; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Augustus 2025.

Nuusbrief: November 2024

Oor: Oop uitnodiging: PEN Afrikaans hou simposium op 16 November by SASNEV; Agenda en belangrike inligting: algemene jaarvergadering 2024; In memoriam: Hans du Plessis – ‘n huldiging deur Bernard Odendaal; In memoriam: Mellet Moll; Mercy Kannemeyer lewer verslag oor die internasionale PEN-kongres; PEN Afrikaans verwelkom die president se verwysing van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in November 2024.