PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

Jongste nuus en artikels

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans2 days ago
Die bekroonde digter Ryan Pedro het vroeër vanjaar 'n persoonlike essay vir ons artikelreeks #diewêreldvandieskrywer geskryf. Ons het hom gevra om sy gedagtes oor die volgende onderwerp te deel:

“Die keuse van ’n taalvariëteit, of selfs van verskillende (streek- of groep-) taalvariëteite, is ’n belangrike stylelement tot ’n digter se beskikking. Watter soort(e) Afrikaans benut jy in jou digkuns? Om watter rede(s), of met watter doel(stellings)?”

Klik hier om sy bydrae te lees: https://penafrikaans.org.za/notes-ytie-underground-n-personal-essay-ryan-pedro/
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans3 days ago
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans4 days ago
'n Maand se boekstories op een plek: Hier is ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Dankie aan al die bydraers.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans5 days ago
Kyk hoe ver het ons gekom, ’n gedigskryfkompetisie wat PEN Afrikaans saam met Versindaba aanbied, is tot 8 Januarie 2025 oop vir inskrywings. Stuur inskrywings en navrae na penkortverhaalkompetisie@gmail.com.

Keuring vind deurgaans plaas en die gekeurde gedigte verskyn op Versindaba. Lees gerus die gedigte en sien watter inskrywings deur die beoordelaarspaneel gelees sal word om volgende jaar die wenners te bepaal: https://versindaba.co.za/2024/09/15/pen-afrikaans-versindaba-kyk-hoe-ver-het-ons-gekom-5/

Daar is ook ’n kortverhaalkompetisie saam met LitNet.

Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

Ons dank aan Kruger Internasionaal wat hierdie kompetisies moontlik maak.

Versindaba
Vriende Versindaba
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans6 days ago
Hoe lyk die landskap en klimaat vir kreatiewe skryfwerk en uitdrukkingsvryheid in vyf verskillende Afrikalande vandag? Wat is van die kwessies wat skrywers raak?

Op uitnodiging van PEN International, neem PEN Afrikaans vanjaar deel aan die Right to Write-projek. Die doel van dié UNESCO-befondsde projek is om in vyf Afrikalande (Malawi, Suid-Afrika, Uganda, Zambië en Zimbabwe) openbare dialoog te bevorder oor kwessies wat skrywers raak.

PEN Afrikaans kon vyf Afrikaanse skrywers vra om oor bepaalde onderwerpe artikels te lewer. Die eerste van die reeks van vyf artikels is vandag gepubliseer. Antjie Krog skryf daarin oor die rol wat poësie in ’n land soos Suid-Afrika speel.

Dankie aan Rapport en Netwerk24. Die artikel is gratis aanlyn beskikbaar en oop vir enigeen om te lees. Moet dit nie misloop nie. Lees dit hier: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/antjie-krog-poesie-hou-ons-uit-die-hande-van-barbare-20241006-2

Omkring solank die datum: Op 16 November hou ons beraad om oor van hierdie kwessies te praat.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans6 days ago
Ons is baie jammer oor die hartseer nuus van Martie Retief Meiring se afsterwe. Sy sal onthou word as 'n gevierde joernalis, rubriekskrywer, 'n vaandeldraer vir vroue in die joernalistiek, 'n energieke kuns- en kultuuraktivis, en 'n geliefde mens. Lees hier hoe prof. Lizette Rabe hulde bring aan Meiring, die "grande dame van die Afrikaanse joernalistiek": https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/profiele/grande-dame-van-die-afrikaanse-joernalistiek-20241006-2

📷: Toyota Stellenbosch Woordfees

Wêreldboeke- en kopieregdag 2020

Op Wêreldboeke- en kopieregdag 2020: Kom ons ondersteun skrywers deur nie net hul boeke nie, maar ook hul kopiereg te respekteer.
#WorldBookandCopyrightDay

Tuin van Digters

KONTAK ONS | CONTACT US