PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

Jongste nuus en artikels

Nuusbrief Julie 2018

Oor: gratis toegang tot Tuin van Digters 2018; ledegeld; beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland; Fiona van Kerwel sluit by […]

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans3 days ago
Stuur nou jou kortverhaal van 3000 woorde aan anker@sun.ac.za en jy kan moontlik gekeur word vir ’n skrywerswerkswinkel wat in September en Oktober 2024 deur Ingrid Winterbach en Willem Anker aangebied word.

Kontak: anker@sun.ac.za
Datums: September en Oktober 2024 (kontaksessies 14 September en 12 Oktober)
Koste: R4000

#DepartementAfrikaansenNederlands #KreatieweSkryfkynde #IngridWinterbach #WillemAnker #Skrywerswerkswinkel
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans4 days ago
Prof. Wannie Carstens is aangewys as die ontvanger van die Jan H Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Welverdiende erkenning vir 'n reusebydrae. Hartlik geluk.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans4 days ago
Baie geluk aan al die skrywers wat in die Toyota Stellenbosch Woordfees se 2024-kortverhaalbundel opgeneem word! Dit is 'n projek waartoe PEN Afrikaans weer vanjaar bydra. Ons ag hierdie kompetisie 'n belangrike platform en geleentheid vir skrywers van Afrikaanse kortverhale. Veels geluk aan almal, en veral ook aan ons lede wie se name hier pryk.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans4 days ago
Ons Julie-nuusbrief is hier beskikbaar:
https://penafrikaans.org.za/nuusbrief-julie-2024/
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans6 days ago
"Niemand [gaan] die digter Lynthia Julius in enige identiteitsbeperkende doos druk nie," skryf Marni Bonthuys in 'n resensie op Versindaba. Lynthia beantwoord ons stel #vinnigevrae in die jongste uitgawe van Taalgenoot. Die tydskrif is hier gratis aanlyn beskikbaar: https://indd.adobe.com/view/53e86b14-b815-411a-9fa4-48d6dcb912d2
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans2 weeks ago
Suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds bly lekker nuus om te deel. Ons is verheug oor die sterk aansoeke en die vooruitsig daarvan dat ’n wye verskeidenheid Afrikaanse werke lesers buite ons landsgrense in hul eie taal gaan bereik en verryk.
Lees hier meer: https://penafrikaans.org.za/sewe-nuwe-vertalings-deur-die-pen-afrikaans-vertaalfonds-ondersteun/

#vertaling #afrikaans #AfrikaanseLetterkunde

Wêreldboeke- en kopieregdag 2020

Op Wêreldboeke- en kopieregdag 2020: Kom ons ondersteun skrywers deur nie net hul boeke nie, maar ook hul kopiereg te respekteer.
#WorldBookandCopyrightDay

Tuin van Digters

KONTAK ONS | CONTACT US