PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

Jongste nuus en artikels

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Baie geluk aan almal wat die kortlyste vir die UJ-pryse gehaal het!

Die UJ-pryse vir Afrikaans word sedert 2000 jaarliks toegeken aan skrywers van uitsonderlike Afrikaanse boeke. Die UJ-pryse neem Afrikaanse boeke uit die vorige kalenderjaar in ag en sonder graag titels uit wat uitdagend met literêre styl, konvensies of temas omgaan, boeke wat boei en verras. Lees hier meer: https://www.litnet.co.za/persverklaring-kortlyste-vir-die-2023-uj-debuutprys-en-die-2023-uj-prys/
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Fanatiese lesers lewer vinnig kritiek as hulle ’n boek koop wat hul swaarverdiende geld nie werd is nie. En hulle is verguisend as die skryfwerk en die verhaal teleurstel. In vandag se tye kan lesers deur hul menings op sosiale media sekere boeke se sukses maak of breek.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Wat 'n lekkerte om boeke aan WOW-leeshoekies by vyf hoërskole te kon skenk. Dankie aan PEN International wat dit moontlik gemaak het. 📚 Woorde Open Wêrelde
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Ons Maart-nuusbrief is hier op ons webwerf te lees.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Lede van PEN Afrikaans, doen gerus aansoek vir vanjaar se PEN-skrywersresidensie by die Jakes Gerwel Stigting se pragtige Paulet Huis. Aansoeke sluit 17 Maart. Die residensie sal van 5 – 25 Junie plaasvind.

Klik hier vir meer inligting:
https://penafrikaans.org.za/aansoeke-ingewag-jakes-gerwel-stigting-en-pen-skrywersresidensie-2023/

Jakes Gerwel Foundation PEN South Africa

Wêreldboeke- en kopieregdag 2020

Op Wêreldboeke- en kopieregdag 2020: Kom ons ondersteun skrywers deur nie net hul boeke nie, maar ook hul kopiereg te respekteer.
#WorldBookandCopyrightDay

Tuin van Digters

KONTAK ONS | CONTACT US